Die besluit om die begrotingsrede ter elfder ure vir amper ’n maand lank uit te stel te midde van onenigheid oor ’n verhoging in BTW, laat die vraag ontstaan oor of daar ook ander belastingskokke gewag het. BTW is in 2018 van 14% tot 15% verhoog en Enoch Godongwana, minister van finansies, wou dit nou met ’n verdere 2%tot 17% verhoog.