Die burgerregteorganisasie Free SA het die departement van basiese onderwys se nuut gepubliseerde riglyne vir die Bela-wet verwelkom. Die riglyne bevestig die mag van skoolbeheerliggame om hul eie taal- en toelatingsbeleid binne ’n grondwetlike raamwerk te bepaal.
Reuben Coetzer, woordvoerder van Free SA, sê die organisasie ondersteun pogings wat betekenisvolle besluitnemingsmag in die hande van gemeenskappe plaas ten sterkste.