Toe die nuwe Suid-Afrika in 1994 tot stand gekom het, was daar een droom wat bo die res fundamenteel uitgestyg het – ʼn visie van ʼn nie-rassige demokrasie. Dit was ʼn repudiasie van die verlede en die belofte van ʼn toekoms waar Suid-Afrikaners gelyk hanteer word en nie uitgesonder word op grond van ras nie.